Leeuwenhof Akademie, Bedfordview
Important School Information: Leeuwenhof Akademie
Location |
Geldenhuis Rd & Anton St, Bedfordview, Johannesburg, 2008 |
Type of school |
Pre-School, Primary School and High School |
Admissions |
|
Gender |
Boys and Girls |
Grades Taught |
Grade 000 - Grade 12 |
Admission Forms | Complete School Application Here - All Grades |
Telephone |
(011) 622 1806 /7 |
Die
Afrikaanse Christelike Privaatskool in die Oos-Rand wat strewe na 'n kultuur van omgee, hoe standaarde, tradisies, uitnemende prestasies
en suksesse. Waar elkeen UNIEK is, elkeen 'n WENNER is en leerders
ons leuse van ONTDEK kan uitleef op akademiese, sport, kulturele en
sosiale geleenthede.
Leeuwenhof Akademie STREEF na sukses met die maatstaf van ons vier
pilare: Belydenis van geloof, Akademiese Uitnemendheid, voortreflike
buitemuurse aktiwiteite asook professionaliteit aan ons gemeenskap.
U kind se opvoeding is 'n langtermynbelegging, ons fokus is
totaliteitsontwikkeling met balans. Gewone onderwys met 'n buitengewone opvoedingservaring.
Lees verder en kom besoek ons, 'n lewensveranderende uitdaging!
Onderwys met 'n andersheid!
Voorskool
By die
Voorskool beleef ons elke dag as 'n wonder van leer deur te speel.
Ons voertaal is Afrikaans, maar ons aanvaar Engelse kindertjies met
ope arms. Hul leer sommer gou Afrikaans aan en ons Afrikaanse
kinders word tot tweetaligheid aangemoedig. Ons hanteer kinders van
drie jaar oud tot ses jaar oud.
Laerskool
Die Laerskool is 'n bakenskool in 'n snel veranderde wereld en spog
met dinamiese personeel wat streef na uitnemendheid op alle terreine.
Deur harde werk, gebede en die strewe na uitnemendheid slaag ons as
skoolgemeenskap daarin om 'n geborge, veilige omgewing te skep
waarin elke leerder kan ontwikkel. In ons klein opvoedingskring is
daar plek vir elke leerder met sy /haar eie talente en vermoёns en
kan elkeen sy /haar eie ideale bereik en drome najaag. Elkeen is 'n
individu wat die geleentheid gegee word om te ontwikkel binne 'n
geborge omgewing. Elkeen se naam en persoonlikheid le ons na aan die
hart en word gekoester. Binne 'n gesonde dissiplinestelsel,
individuele aandag en motivering slaag ons daarin om kompeterend te
wees en elkeen te help om hul volle potensiaal te bereik.
Hoerskool
Leeuwenhof is die "Tuiste van Uitnemende Akademie" deur die volharding, toewyding en positiewe ingesteldheid van ons bekwame en ervare personeel, streef ons daarna om elke leerder voor te berei vir die lewe na skool. As 'n skool wat van parallelmedium onderrig gebruik maak streef ons daarna om elke leerder voor te berei vir die lewe na skool. Vir leerders om holisties te Ontwikkel, is buitemuurse aktiwiteite belangrik. Ons gee graag leerders die geleentheid om hulleself op verskeie gebiede te ontwikkel en uit te leef.